Alleen

My voetval is stadig, onvas
Ek ken nie meer ‘n vinnige pas.
Elke asemtuig brand my longe deur.
Selfs met geen wind voel ek die lewe teen my beur.
Die barre aardkors onder my voete
oop gebars, sonder water of koelte.
Godverlate en sonder hoop.
Baie geld in my sak, maar nêrens ‘n plek om liefde te koop.
Eers net ‘n spikkel in die woestynson,
so graag wou ek jou aanraak as ek maar net kon.
Die engelsang moes ek weet was eintlik net jou stem.
Jou woorde, tog onverstaanbaar, besig om my te tem.
Elke sintuig word ingespan, verskerp.
‘n Doel wat my voetval rig, ‘n rede om myself vorentoe te werp. Elke oogknip bring jou nader aan my.
Elke windvlaag, nog ‘n woord van jou vir my.
Uiteindelik is jy binne hoorafstand.
My oë, nat gehuil, stip-verstar, maar ek sien jou deur die brand. By jou voete vind ek groen gras om in te lê.
Jou aanraking versag die skerp pyn.
Vir ‘n kort oomblik dink ek, ek verloor my bewussyn.
Vars, yskoue bergwater, gee jou teenwoordigheid.
“Moet nooit weer weg gaan” is wat my stilte pleit.
Heer, dankie vir mense wat ons menswees vul.
Dankie vir geliefdes wat ons alleenwees verstil.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply