Al lagend

Rond-om-talie tiekie-draai. Ek voel die wind wat deur my hare waai. Die klank van jou skaterlag: jy weet dit maak my dag. Saans, wanneer my gedagtes my wakker hou, dink ek altyd net aan jou. Jou woorde dra my ver bo my eie krag; tot daar waar die arend op my wag. Soos die gevoelens oor my spoel, verstaan ek weer wat jy bedoel: Tussen mos en seesand, dwaal ons voete op dieselfde spoor. Tussen vashou en laat los; bly ons oë op môre gevestig. Op die paadjies, onder koelteboom rustigheid, sal ons asemhaling eers later weer rustig word. Die stilte word deur ons opwinding verbreek, terwyl ons, soekend, mekaar bly vind. In ‘n oogwink kan alles weer verander, maar vir nou sal ons skaterlag, swyend rond-om-talie-draai.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply