Al die eer

Heer, my siel juig voor U aangesig.
Ek dans en bring U lof.
Oor die valleie weerklink my danklied.
U is so getrou.
U tydsberekening perfek.
Heer, wat U geskape het kan geen mens namaak.
In ‘n oogwink kan alles om ons verander.
Heer, hou ons naby U guns.
Verberg ons aangesig teen die wreedheid om ons.
Heer, beskerm ons teen die ondier wat oral rondsluip.
Raak my geliefdes aan sodat hulle veilig is.
Heer, al die eer en lof kom U toe.
Maak ons oë betyds oop om die gevaartekens te sien.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply