Agter ‘n muur

kan iemand my dalk help om hierdie lied te verwerk en te sing ? laat my weet asb. amanda@waterstrome.co.za

AGTER ‘N MUUR

Almal van ons skuil agter ‘n muur.
Kom soms uit vir ‘n uur.
Wie sal weet wat jou glimlag beteken ?
Wie sal weet wanneer jy werklik jou hand uitsteek ?
Dink jy soms aan ‘n ou geliefde ?
Dink jy soms aan my ?

KOOR

In gebede kom jou naam altyd by my op.
Want net Een ken ons elkeen volkome
Net Een verstaan jou diepste drome.
In gebede kom jou naam by my op.

Langs die pad is baie afdraai paaie.
En soms ontmoet ons weer na baie draaie.
Wie ken jou diepste binneste die beste ?
Wie ken jou werklik ?
Ek skuil ook soms agter daai muur.
En wonder ken ek myself.
KOOR

Ek weet ek verlang soms na jou.
Jou oë wat sag in myne lag.
Jou glimlag wat my naam uitspreek.
Vriende hoef jou nie te verstaan,
solank hul jou hand neem, selfs al vra jy nie.
Vriende is engele wat in tye van nood aan ons gebied word.

KOOR
Skuil agter jou muur waar jy veilig voel.
Weet my woorde is vir jou bedoel.
Jou aanraking sal my by bly.
Mag jy geluk vind in jou weg breek.
Mag jou hand gevat word wanneer jy dit uitsteek.
Mag die Lig jou weg aanwys.

KOOR

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply