Agter jou

Hier waar Ek staan, agter jou, is My hande omhoog.
Ek sien van ver af waar die probleme aankom
daarom spreek Ek My seën oor jou uit
gereed om jou te vang as jy struikel
Jou vyande sal op die vlug slaan, want hulle sal My engeleskaar om jou sien. Van hier waar Ek staan, agter jou, is Ek gou by wanneer jou knie buig. Ek hoor die roep van jou siel
Ek sien jou hoof is gebuig
Staan op My geliefde kind, staan sterk. In My skadu sal niemand jou kan aanraak in My teenwoordigheid hoef jy nie skaam te wees
Ek ken jou beter as enige mensekind jou sal ken
Ek weet van jou seer en Ek sien jou trane
Ek ken die pyn van jou lyf want Ek sien hoe stadig jy loop
Ek verstaan jou stilstuipe want Ek hoor die rou in jou stem
Wees geseënd My geliefde kind, want My hande is bo jou uitgestrek. Hier waar Ek staan, agter jou, kan niemand jou bekruip van agter. Hou dus jou oë gefokus op die mooi voor jou.
Los jou verlede want dit kan jou nie inhaal van agter.
Kyk, Ek keer die son uit jou oë sodat jy voor jou betyds die klippe kan sien. Wees tog nie bevrees My geliefde kind
want Ek is altyd en ewig by jou.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply