Afgesonder

Afgesonder van die mensdom,
en tog oop vir mensdom.
Gevul deur die geesteswêreld om jou, is jy spesiaal uitgesoek. Met elke woord wat jy neerpen, elke mens wat jy aanraak,
werk Ek deur jou om My skape nader te trek.
Hier het Ek jou kom plaas tussen berg en dal.
Vir sommiges, wat nie My werke verstaan, is jy soos ‘n rowwe klip. Maar vir My, My geliefde tierbosnooi, is jy soos ‘n sterk stroom. Jou woorde loop oor harde rots wat jy stelselmatig afbreek en slyp.
Jou vriendelikheid breek deur soos die son se warm strale vir die wat koud van hart is. Ek het jou nooit hier kom plaas om jou te vergeet.
Ek het jou tot hier gebring waar baie verlore siele na My wonderwerke kom soek.
Mens en dier het jou aanraking nodig in ‘n tyd waarin die mensdom sy rustigheid verloor het.
Jy, My besondere meisiemens, is kosbaar soos elke druppel water wat oor hierdie kliprante loop. Nog meer woorde in oorvloed sal Ek jou gee,
want die mensekind volg vele afdraai paaie wat tot ‘n afgrond lei. Wees jy My stukkie goud vir die wat kom delf in hul soeke na My.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply