Afgekapte hande

Al strekkend reik my afgekapte hande uit na jou.
Onkunde oor jou situasie lyk my reddingspoging flou.
Leë woorde dryf soos vlieswolkies oor jou woestyn.
Ek sal dit nooit verstaan of besef, jou ontroosbare pyn.
In jou uniform lyk jy onaantasbaar, in ‘n spesiale klas.
Niemand sien die verteerende kloue wat jou siel aantas.
Niemand hoor jou binnegevegte teen oorlewing.
Niemand weet van die nagmerries wat jy probeer weg dwing.
Oomblikke van probeer sin maak uit hierdie hel.
Vreesaanjaende verhale van pyn en smart om te vertel.
Heer, hoe sien mens die doel van hierdie bestaan raak?
hoe keer mens die woede wat jou siel uitbraak ?
Verstikkende gedagtes dreig om alles te verteer.
Waar is die Goddelike liefde, Heer ?
Broer teen broer, ouer teen kind
‘n Haatlike woede wat elke menswees verslind.
Niemand weet meer waarvoor hul bestaan.
‘n Uitgestrekte hand word gelos om blind deur die wêreld te gaan. Die aarde word weereens woes en leeg.
Geen waardes meer oor om jou siel te weeg.
‘n Kleine kind word gelos om sedeloos rond te dwaal.
Geen lewensles of voorbeeld om sy lot te bepaal.
Waar sal ons hulp vandaan kom in hierdie donker uur
Heer, red ons wêreld van die Ewige vuur.
Die oormag van die bose magte kolk bo ons blou lug.
Heer, laat U asem oor ons blaas en bring ons terug.
Bring wonderwerke in ons menslike siege.
Bring ‘n oormaat van basiese genade.
Heer, trek ons nader teen U bors.
Bring ‘n lafenis vir ons grootte dors.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply