Aanvaarding

Elke mens wil net aanvaar word.
Elkeen van ons is spesiaal geskape.
Heer, leer ons om ander te aanvaar.
U het ons almal geskape, ongeag van ons agtergrond.
U gee aan elkeen die geleentheid om U aan te neem as Saligmaker en Verlosser. Heer, U ken ons samelewing en omstandighede.
Help ons om die ander mense op ons pad te aanvaar.
U ken hul omstandighede en redes.
Leer ons om mekaar lief te hê, soos U ons lief het.
Heer, leer ons om ook ons omstandighede te aanvaar.
Soms staar ons, ons blind teen dit wat ons nie ken.
Maar U het reeds ‘n uitkoms beplan.
Sodra ons kalm raak en U toelaat om oor te neem,
sal dinge vinnig verander, want ons sal dit met nuwe oë aanskou. Heer, ek bid vir elkeen wat voel hy word nie aanvaar.
Heer, ek bid vir elke kind, elke grootmens.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply