Aanraking

U hand, uitgestrek na my, versekering van U liefde.
Sorgvuldig om my gedraai, om my te beskerm.
U hande is altyd onder my, reg om my te vang.
U aanraking is sag soos die bergwind.
Soms waai daar ‘n koue wind om my daaraan te herriner van U genade. Soms is U aanraking ‘n koel windjie op ‘n warmdag.
Soms is U aanraking ‘n sagte glimlag van ‘n vreemdeling.
Altyd is die prag van die berge om my, ‘n lewende voorbeeld van U handewerk. Heer, U aanraking is tasbaar in die natuur om my.
Elke plant en dier in hierdie omgewing is sorgvuldig deur U gevorm vir deel van die aarde. Dankie vir U aanraking in my lewe.

Posted in Gedigte.

3 Comments

  1. Ek wil graag hiermee vir julle vra vir voorbidding vir my. Ek moet Dringend na Hospitaal ‘Spesialis – Neurochirurg’ gaan Noodopname doen vir operasie aan Nek/Rug.

  2. Dankie dat ons die sekerheid het van U teenwoordigheid.

    Moet ons nooit vrlaat nie, Here!! want dan sak n donker skadu oor ons uit, ons wil gedurig in U lig wandel.

    Dankie dat hierdie lig nooit dof raak of donker word nie. Niks kan hierdie lig se lampie uitblaas nie.

    Geen skakelaar en geen mense krag kan dit verdof of namaak nie, net God alleen dan dit afskakel as Hy wil.

    Maar U Wil is vir ons Genade en Liefde. Help ons om gelykvormig aan U te word. Dankie vir die Bloed oor ons

    Nageslag en ons pragtige land. Vergewe ons asb want ons het gesondig teenoor U en steed het U nie die LIG van U liefde

    uitgeblaas nie.

    Moet ons nooit verlaat nie asb Here.

    Ons het U lief.

    Amen

    Do you want to experience a miracle??

    Please refer your family and friend to us if they need products for any skin problem of wound.

    WHAT WE DO, WE DO FOR OTHERS

    http://www.woundcare.co.za/

    logo

Leave a Reply