aan U voete

Aan U voete

Op gekrul soos ‘n kleine kind lê ek by U voete en wag
Ek sien die skynsel van lig na ‘n lang en donker nag
My hartklop het bedaar, my asemhaling is rustig
Ek onthou die woorde, lank terug al gedig:
“Ek is die Here jou God, by My kan jy skuil”
Die glimlag kom lê warm in my hart, ek voel die trane soos ek huil Iewers langs die pad het ek die belangrike woorde vergeet
En vir ‘n lang tyd het die gevolg daarvan aan my gevreet
“Bring al jou probleme na My, Ek sal dit vir jou dra”
Ai my gedagtes is moeg gedink en getop oor al die vrae
Ek voel U hand op my skouer en ek weet dis alles verby
My pyn, my seer, my kommer, my hart wil juig ek voel verbly
“Jy is Myne, Ek het jou by die naam geroep, styf in My arms toegevou” By U is die warm en veilig, ek het weer ‘n goeie hoeksteen om op te bou U asem is warm in my koue en seer nek
Ek voel of ek behoort, veilig in die regte plek
“Niemand sal jou ooit weer uit My hand kan ruk”
Ek voel die glimlag weer aan my mondhoeke pluk
Jesus het vir my gesterf sodat ek kan lewe
Dankie Heer, ek het U lief met my hele hart en siel
Weg is al die seer en pyn, niks kan my meer verniel

Posted in Gedigte.

Leave a Reply