Vriende in hoë kringe

Vriende in hoë kringe

Heer, U is my Vriend wat altyd vir my vooruit kyk

U is die Een wie se asem oor die donkerwolke blaas

En voor ek my oë kan uitvee het hulle gewyk

U is die Een wat my voet op die regte spoor plaas

Soms struikel ek en dink ek het geval

Maar eintlik moes dit so wees sodat ek kan stop voor die wal

Soms word my aandag vir oomblik van my koers weg gevat

Sodat ek nie moet sien hoe groot die klippe is wat voor my wegspat

U is my Vriend in die hoë kringe wat die nuwe deur vir my oopmaak

Skielik is daar geleenthede vir ‘n blink toekoms wat vir my wink

En ek moet glimlag as ek daaraan dink, al is daar in my mond nog die wrang smaak

Kan ek met ‘n glimlag van die Titanic afklim voor dit sink

Heer, dankie dat U vir my sorg terwyl die lewe om my aan gaan

Dankie dat ek kan weet ek’s nooit alleen op die pad waar ek staan

Daar is altyd nog iemand wat verby kom en gesels of hulp verleen

Daar is altyd iemand spesiaal op wie ek kan steun

Heer, leer my om te stop en ‘n hand te verleen as ‘n uitreiking van U eie Hand

Leer my om U te vertrou en terug te dink aan die voetspore in die sand

Heer, in my is daar ‘n vuur wat brand om U Wil te doen op aarde

Leer my om te lewe volgens daardie standaarde

Neem my gedagtes en vul dit met U liefde en lewenslus

Staal my sodat geen oponthoud die vuur in my kan blus

Heer, ek bid vir hierdie krag in die Naam van Jesus Christus

Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

3 Comments

  1. Ek wens jou alles van die beste toe met die web-site van jou en mag dit n toekomstige sukses wees wat vir jare sal aan gaan en jou vele genot bring.
    Van vêr af lyk n gebou klein tot jy by dit staan, so is sukses jy moet die padjie loop tot daar om te sien hoe groot dit regtig is.
    Beste tot weer siens
    Len

Leave a Reply