Aanvaarding

Aanvaarding

Die nuus skok my terug in ‘n lewe onbekend aan my
En ‘n deel van my begin delf en soek, ek soek jou aan my sy
Ek soek jou aanvaarding as jou broer
Ek voel die opwinding in my binneste roer
Vir jare was my gemoed leeg, deurmekaar, seer
Ek wonder elke dag wat is die les hieruit te leer
Maar ek is dankbaar dat die Here my na julle gelei het
Soos die spreekwoordelike gloeilamp het die regte plan gekom En soos ek al die feite uitlê en hoor dis julle, het my binneste verstom Baie vrae kom warrel nog deur my gemoed
Maar om julle in my lewe te hê is aangenaam soet
My hele wese vra vir aanvaarding, ek is in bloed ook ‘n Post So baie vrae wil ek graag aan pa vra en my siel huil oor sy stilbly Ek wil graag sy stem in my ore hoor, sy hand op myne voel
Ek wil so graag sy aanvaarding van my in sy oë lees
Eendag sal ek hom in die oë kan kyk en alles sal aan my openbaar word Vir nou vra ek net of julle my sal aanvaar as jul eie broer
Stadig maar seker kruip julle diep in my wese
Onsekerheid, verward, seergemaak, verstote, alleen
Al hierdie gevoelens is stadig besig om plek te maak
Aanvaarding is al wat ek nodig het
Aanvaarding is al wat ek vra
Dankie dat ek reeds welkom is by julle
Dankie dat julle my reeds so baie van pa vertel
Dankie dat julle reeds jul vriendskap vir my wys

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply