22 September, 2011 16:26

‘n Boer gaan lê nooit

“Die begin van ‘n nuwe jaar. ‘n Nuwe 100 jaar wat moet begin. ‘n Jaar van hoop ? Dalk sal dit ‘n einde aan ons ellende bring.” Anna kyk uit oor die verdriet wat voor haar oë afspeel. “Mamma, sal die Here dalk hierdie jaar tyd kry om na ons om te sien ?” Vra Adriaan sy ma as hy die pyn in haar oë lees. “Skaam jou Adriaan, hoe kan jy so ‘n vraag vra?” Adriaan kyk af na sy vuil gebarste voete, iewers in hom styg ‘n gevoel van haat en magteloosheid op. “Pa sou ‘n antwoord gehad het, hy het altyd ‘n antwoord gehad” Adriaan draai weg van sy ma en stap blindelings in ‘n rigtring. Sy hart is seer, sy moed is gebreek. Hoe moes hy kies ? Natuurlik wou hy saam gaan om te gaan veg soos die manne. Hy is darm dertien, die ouderdom van ‘n man. ‘n Jong man wat fors gebrei is deur die natuur. ‘n Jong man wat sy pa wil naboots. ‘n Boer. ‘n Godvreesende man. En nou het daardie God hom verlaat. Hy en sy ma is in hierdie Godverlate kamp gegooi. Sy Pa probeer veg om hul nasie te beskerm. Hy moes ook daar gewees het, in die voorste lenies. Daar waar jy die perd se sweet onder jou bene voel. Waar perd en man een word. Hy moes ook in die veld saam met die manne bevele uitvoer wat deur Generaal De la rey aan hulle gegee word. Die veld is so baie anders hier as op die plaas. Adriaan besef nie dat ‘n glimlag op sy jongman gesig sprei nie. Hy dink terug aan die dag toe die soldate hulle kom haal het. Hy sien weer vir Vos sy jong perd, ‘n geskenk van sy oupa. Die perd bokspring soos sy uitgelate jongmans hart. Hy onthou hoe trots sy oupa daar gestaan het. “Ja, nou is jy ‘n grootman. Hier is Vos. Pas Vos nou mooi op en hy sal jou ure se vreugde verskaf.” Adriaan het sommer so bloots op sy perd gespring en die veld in gery. Die twee het dadelik mekaar se liefde gevoel en dadelik ‘n band gevorm. Hy hoor nog sy oupa se uitbundige lag. Ja so wou hy wees as hy eendag groot is. ‘n Groot sterk man wat na sy vrou en kinders kan omsien. Sy glimlag vervaag weer as hy weer die geweerskote hoor. Onbekende mans in die Engelse rooibaadjie het op hulle afgejaag. Sy oupa het probeer keer en hom probeer red maar hy is uit die pad gestamp met ‘n perd. Hy het na sy oupa gehardloop om hom te help maar een van die soldate het hom opgetel en in ‘n ander rigting met hom gery. Hy kon hoor hoe sy oupa smeek en bid, maar dit was verniet. Later is hulle terug na die opstal. Hy het gevra na sy oupa maar hulle het hom nie verstaan of dalk het hulle maar hy kon nie Engels verstaan so hy het nie geweet wat hulle hom antwoord nie. Sy ma se oë was vol trane. Hy haat dit om sy ma so te sien. Sy het altyd geglimlag. Haar stem was altyd sag en liefdevol. By haar was hy veilig en sou hy niks oorkom. Hy het hom braaf gehou. Hy is mos darm twaalf. ‘n Seun van twaalf mag nie huil nie. Sy oë het oor die vertrek gekyk. Maar hy het nie sy oupa gesien nie. “Mamma, waar is oupa?” Sy het net sag geantwoord “Hy is veilig” maar nou weet hy dat sy oupa dood was. Waste soort mense is die ? Sy oupa het nooit iemand seer gemaak nie. Hoe kon hulle dit aan hom doen. In sy jonghart het hy gebid “Heer, ek weet my pa bid altyd, maar oupa het gesê ek mag ook bid. Oupa het gesê ek mag ook vra wat ek nodig het as ek buite in die veld is, daar waar U altyd luister. Ek weet dis nou binne maar ek moet bid. Ek moet weet dat U my ma en pa sal beskerm. Ek is die ou boet hier maar kan nog nie veel vir die ander doen nie. Heer, ek weet nie presies wat om te sê nie. Maar help ons asb. Amen.” Hy het ‘n lastige traan van sy wang af gevee. “Wag net dat my pa hier aankom. Dan sal julle moet oppas.” Sy woorde was maar ‘n fluistering, maar vir hom was dit ‘n troos. Hy het nog nooit weer sy pa gesien nie. Hy probeer nog elke dag bid, maar dis moeilik. Sy ander twee jonger susters is al reeds dood. Wat ‘n harde manier of groot te word. Hy skrik uit sy gedagtegang terug wanneer hy ‘n hand op sy skouer voel. “Pa ?” Sy ma se stem is steeds sag, maar dis nie van liefde, sy kan beswaarlik loop. “Nee, my seun, dis net ek. Kom terug tent toe.” Eintlik wil hy die veld in hardloop. Eintlik wil hy net weg want hier gaan hy net dood gaan. Vir ‘n oomblik wil hy hom verbeel dat hy Vos daar naby hoor, maar hy weet dis onmoontlik. Hy neem sy ma se hand en hulle stap terug tent toe. Niemand maak meer grappies nie. Nêrens hoor hy meer kinderlaggies nie. Al wat jy hoor is die gekerm. Iewers hoes iemand. Dan val sy ma voor sy voete. “Ma… Ma…?” maar haar oë bly toe. Die keer weet hy, hy is nou regtig alleen. “Heer, waar is U al die tyd ? Waar is U dat al hierdie mense, U mense, nou so moet swaarkry en dood gaan? Heer, bring vir my ‘n teken dat daar wel hoop is. Heer, ek is maar net ‘n jongman. Leer my verder die geloof en die hoop waarvan my pa en oupa altyd gepraat het.” Sy trane het lankal opgedroog. Sy hart het hard geword. “Hier moet ek uit.” Maak hy sag ‘n belofte aan homself.

Daardie aand het die slaap nie gou gekom nie. Maar hy het baie gedink. Hy het weer alles beleef op die plaas. So tussen wakker en slaap het hy weer met sy oupa gesels. Hy het weer sy pa se stem gehoor en sy ma wat sag en liefdevol was al was die plaaslewe nie altyd so maklik nie. Die natuur was ongerep. Alles wat hy geleer het, het weer in sy geheue kom lê. Sy oupa het hom baie van die veld geleer. Watter bessies jy kan eet. Hoe om water te kry as jy in die veld is. Waar om kos te kry as joune opgeraak het. Dit was goeie dae daardie. Hy het weer op sy perd gery. Dit was so kort rukkie wat hy en Vos saam was maar hy weet daar is nou ‘n perd uit een stuk. In sy droom het hy die plan gemaak. Een wat hy verseker gaan aanpak. “’n Boerseun gaan lê nooit” hoor hy sy pa se stem asof hy hier agter hom is. Hy het al voorheen daaraan gedink om te ontsnap maar hy kon nie sy ma en susters hier alleen los nie. Maar nou is hy alleen. Behalwe vir Hannatjie. Sy bly in die tent hier langs aan. Sy is ook sag en liefdevol teenoor hom. Maar hy kan nie nou aan meisies dink nie. Hy moet hier uitkom. Die oggend kan nie vinning genoeg aanbreek nie. Hy sal ten minste vir Hannetjie gaan vertel. Sy stem is sag en amper ‘n fluistering wanneer hy naby haar sit. “Hannatjie, ek moet gaan. Ek kan nie langer hier sit en kyk hoe almal om my dood gaan nie. My pa het my geleer ‘n Boer gaan lê nie. Hier is niemand meer vir my nie. Ek moet gaan. Ek gaan vanaand net na skemer ‘n plan maak om hier uit te kom.” Hy vee sag oor haar wang waar die trane ‘n streep maak. Hy sien die smeking in haar oë. Die liefde wat hulle vir mekaar begin voel het van die eerste dag af dat hulle hier ontmoet het laat hom ‘n impulsiewe ding sê : “Ek het jou so lief my Hennetjie. Dink jy, jy sal saam met my kan kom ? Dink jy, jy is reg om my te vertrou ?” Haar oë het nog nooit so gelyk nie. Die lewe en vuur het daarin geflikker, soos wanneer sy ma altyd na sy pa gekyk het. Hy het geweet teen dagbreek sou hulle uit die ellende wees. Teen dagbreek sou ook ‘n nuwe dag vir hulle aanbreek.

Teen skemer het hulle naby die rand van die kamp gespeel. Hulle het uitgelate gelag en die wagte het hulle vroeër die dag daar weg gekeer, maar dis nou ander wagte. Hy was meer toegewend as die ander wagte. Selfs vir hulle van sy water gegee om te drink. Hulle kon nie verstaan wat hy sê nie, maar sy gesig was sag, amper asof hy hulle regtig jammer gekry het. Dis ‘n nuwe wag wat Adriaan nog nie voorheen gesien het nie. Dadelik het hy besef dis die teken waarvoor hy gevra het. Sy hart het begin bokspring. “Hanna, jy moet nou mooi luister. Sodra hy weer opklim na die blokhuis moet ons spring. Dis belangrik dat ons nie verder lawaai nie. Sien jy daar voor is ‘n groot boom. Ons moet ongesiens tot daar kom. Dit sal uitwerk vanaand. Die Here het my gebed verhoor. Ons sal vanaand hier uit kom.” Hy het haar styf teen hom gedruk en hy kon voel dat sy in sy nek glimlag. Sy het hom vertrou. Dit is sterk skemer en hulle hardloop so laag-laag tussen die bosse deur. Hulle hoor iemand agter hulle roep maar verstaan nie wat hy sê nie. Maar hulle kyk ook nie om nie, hulle hardloop net. Dan wanneer hulle agter die boom gaan sit hoor hulle die perd naby hulle verby kom. Dan gaan staan die perd. Adriaan se hart klop wild, hy kan nie sien wie is op die perd nie. Die perd kom al hoe nader, hy maak nie ‘n geluid nie, druk net sy snoet teen Adriaan se kop was. Adriaan voel die lewe terug kom as hy oor die perd se snoet vryf. “Vos, my liewe Vos ! Kan dit waar wees.” Sonder om te verduidelik help hy vining vir Hannatjie op die perd, dan klim hy self op. Sonder ‘n geluid jaag hulle deur die nag. Hulle voel nou en dan ‘n tak wat hulle krap. Maar dit pla nie. Vir eers is hulle vry. Vry van elende. Vry van rooibaadjies. Vry van kinders wat huil. Vry van mense wat dood gaan. Net die wind in hulle hare. Die sweet van ‘n vosperd onder sy lyf. Die perd grinnik en stop. Adriaan weet nie hoe lank hulle gery het of hoe ver dit is nie, maar dit maak nie saak nie. Hy spring vining af en help Hannatjie ook af. Sy val in sy arm en begin onbedaarlik huil. Haar hele lyf ruk en hy hou haar styf teen hom vas. “Alles is verby, jy’s veilig my lief.” Sê hy die woorde wat sy pa altyd vir sy ma gesê het as iets haar pla of omgekrap het. Hy besef nie eens hoe baie hy na sy pa aard nie.

Vos het gestop want hy het die water van die fontein geruik en hy stoot Adriaan liggies in die rigting van die stroompie. Toe hy tevrede is dat hulle die water bereik het, gaan staan hy langs hulle en drink self gulsig aan die water. Dis nou heeltemal donker om hulle en Adriaan besluit dat hulle daar sal oornag. “Ons sal ‘n vuurtjie moet maak. Help my soek vir droeë takkies hier naby asb. Ek weet nog nie hoe ons dit aan die brand gaan kry nie, ek nie my tonteldosie saam gebring nie.” Heel tevrede met haarself haal sy hare uit haar sak en gee dit vir hom. “My Tannie het gesê ek moet dit saambring toe ek haar totsiens sê.” Hy gee haar ‘n soen op die wang. “Jy is die beste.” Sy vat skaam aan haar wang. As dit nie so donker was nie sou hy verseker gesien het hoe sy bloos. Heel stom geslaan staan sy daar, nie instaat om iets te sê nie. Hulle het styf teen mekaar gaan sit en die volgende oggend vroeg het Adriaan wakker geskrik van mansstemme wat in die roep. Dadelik het hy geskrik en Hannatjie wakker gemaak. Die vuurtjie het nie meer gebrand nie en hul lywe was styf en seer. Eenkant het hy Vos hoor runnik. Hy weet hulle moet by Vos uitkom. Hy kan nie uitmaak wat die stemme sê nie. “Is dit rooinekke?” Hannatjie se stem was skaars hoorbaar. “Ek weet nie, maar hulle is baie naby. Ons moet by Vos kom. Vat my hand en bly laag.”

Dan storm ‘n hond op hulle af en staan dreigend voor hulle. Vos spring wild voor die hond op sy agterpote en die hond moet effens padgee. Net genoeg vir hulle om op Vos se rug te klim. Dan hoor Adriaan weer die ander mans se stemme agter hulle en hy hoor die perde wat vining nader kom. “Stop. Stop.” Skree die manne maar Adriaan jaag vir Vos aan. Dis nie lank voor die eerste perde hulle begin inhaal nie. Adriaan is te bang om agter toe te kyk. Hy voel Hannatjie se hande wat styf om sy lyf klem. Dit gee hom net meer moed. Hy moet haar beskerm, hy mag haar nie laat seerkry nie. Vos spring op sy agterpote en Adriaan sukkel om op sy perd te bly. Hy voel Hannatjie se hande los gly en hy hoor haar skree deur hom dryf. Wanneer hy Vos tot bedaring bring en van die perd afklim klop sy hart baie vining. Drie mans staan om Hannatjie. Haar liggaam lê so stil op die grond waar sy geval het. Hy gee nie meer om of hulle hom weer gaan terug vat nie, hy moet net seker maak dat sy okay is. Hy sal beklei tot die dood om haar te beskerm. Hy storm blindelings in haar rigting. “Los haar. Los haar. Julle Egnelse gemors.” Hy stamp die eerste man uit sy pad en val op sy knieë voor haar. Hy neem haar slap lyf in sy arms. “Hanna, my liefste Hanna.” “Sy sal okay wees. Ons kamp is net oor die bult” Adriaan kyk nie dadelik op nie, hy hou haar net stywer teen hom vas. Dan besef hy die man het in Afrikaans met hom gepraat. Hy kyk stadig op na die man wat intussen ook voor hulle kom hurk het. Wanneer hy in daardie bekende grys oë kyk weet Adriaan dat sy God wel lewe en dat sy God wel gebede beantwoord. Die trane van blydskap loop nou vrylik oor sy wange. Hy voel sy pa se goedkeurende blik oor hom. Hy sien die trots wat vlak in sy pa se oë is. “Kom, Piet kan jy asb vir Hannatjie vat. Ek wil my seun saam met my laat ry. Ek het baie lank vir hierdie oomblik gewag.” Vos kom agterna op ‘n ligte drafstap. Daar is so baie dinge wat Adriaan wil sê en vra maar hy kan nie ‘n woord uitkry nie. Hy hou net baie styf aan sy pa vas en laat homself toe om net ‘n kort rukkie weer ‘n kind te wees. Later sal hy weer die man wees wat hy moet wees. Maar vir nou sal hy net ‘n kind wees.

Die kampvuur is hoog later die aand. Die manne is bly want een van hul seuns en dogters is uit daardie elendekampe gered. Twee jongmense wat weer die volk kan bou en ‘n sterk nasie kan word. “Pa, ek het probeer…” Adriaan se stem is sag wanneer hy begin. Eers wil At sy seun stil maak maar hy besef daar is baie woorde wat gepraat moet word tussen seun en pa. “Dit was hard daar in die kamp. Almal het siek geword. Gertruidatjie was eerste. Hulle het haar na een van daai tente gevat waar ons nie mag kom nie. Net ‘n week later het hulle kom se dat sy so twee dae terug al dood is. Ma het so gehuil. Klein Susan het ook gehuil maar ek dink nie sy het mooi verstaan nie.” Hy bly ‘n lang ruk stil. Dan kom Sit Hanna by hom. Haar hand om sy skouer. Sy praat nie, hou hom net vas. At sluk swaar en kyk stip na sy dapper seun. “Twee maande daarna was dit Susan. Ma wou haar by ons hou maar weer het hulle haar weg gevat. Sy was drie dae later dood. Ma het net daar gesit, niks gepraat. Ek wou toe al wegkom maar ek kon haar nie alleen los. En gister… Pa, ek het probeer, maar die siektes…..” “Jy kon niks doen Adriaan. Ek het elke dag vir julle gebid. Ek weet jy kon niks doen, al wou jy. My hart is net bly dat jy darm vir my gespaar is. Binnekort sal alles verby wees my seun dan kan ons weer van voor af begin.”

Die naggeluide hou ook vir ‘n oomblik op. Dan kom Hannatjie se stem duidelik deur die nag die lig in. “Die Here is my herder. Ek sal niks kort kom…” soos ‘n koor volg al die manne agter haar aan. Die kitare word nader gebring en daardie aand het die vreugde vure gebrand terwyl hulle met sang hul God geloof en prys het met hul sang.

“Hanna, sal jy saam met my aan ‘n nuwe huisie bou wanneer dit alles verby is ?” Sy stem is sag wanneer hy diep in haar oë kyk. Die keer kon hy weer die vonkel in haar oë sien toe sy hom vas in die oë kyk. “Saam met jou sal ek enigeiets doen.”

Posted in Gedigte.

Leave a Reply