21 June, 2014 16:32

Soos ‘n fontein wat die vallei onder hom voed is jy vir my. Die water van jou sagte woorde dring deur die harde kors van my barre woestyn. Die reënboog van jou liefdevolle oë verskaf ure se pret vir my. Die sagte wind van jou asem laat my liggaam lewe kry. Die rotsvaste vondasie van jou voete is ‘n veilige rusplek vir my moeë liggaam. Jy seën my met vele spesiale oomblikke en klein gebaartjies. In ‘n oomblik van waansin bring jou woorde kalmte in die verwarring. Die verskeindenheid van jou persoonlikheid vul my behoeftes aan. Die vryheid van jou gemoed omvou die beperkings van my vermoeë. Dis so awsome die mens wat jy is. So perfek vir my geskape. So aanvullend vir my tekortkominge. So spesiaal soos ‘n privaat vertoning. Jy is die die fontein wat my dorre landskap ophelder en voed. Jy is die nagtegaal wat musiek in my stilte vorm. Jy is die een wat woorde vir my leë bladsye gee. Sonder jou is my koue aande donker en sonder sterre. Sonder jou glimlag is my gesig strak en hard. Sonder jou liefde is my hart ‘n dooie orgaan. Sonder jou omgee is my siel soekkend en verlore.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply