2016

Ek sien die vrees in jou siel,
Ek hoor die bewing in jou stem wanneer jy bid,
Ek weet van die dinge wat jou na aan die hart is.
Wees nie bevrees, My geliefde kind,
2016 het Ek reeds vir jou beplan.
Hou oop jou hart om My seëninge te ontvang:
Moenie wonder of jy dit verdien of nie,
Hou jou oë oop want Ek sal jou die weg wys;
Moenie twyfel of jy is waar Ek jou nodig het nie.
Gaan voort met die werke wat Ek jou gee;
Moenie luister na die wat jou afkraak nie.
Hou aan bid vir diegiene wat jy voel is belangrik;
Ek het hul name in jou gedagtes geplant.
Draai jou rug en stap weg van hierdie toe deur;
Ek het reeds ‘n volgende een vir jou oop gemaak.
Staan op en loop saam met My 2016 binne;
kyk Ek gee jou nuwe krag.
Ontvang die seën van My goedheid en guns;
Ek is jou Hemel Vader wat jou oneindig lief het.
Doen die planne wat Ek in jou hart geplaas het,
Ek sal jou toerus met liefde en geduld. Vergewe diegene wat jou so seer gemaak het; maak plek vir die genesing wat Ek jou wil gee.
Wees nie bevrees My geliefde kind;
luister na My stem, want Ek sal jou help.
Lewe nie langer soos ‘n gevange van jou sondes en pyn;
kyk na My, want Ek dra jou steeds.
Amen
Mag elkeen van julle ‘n besondere 2016 geniet. Mag dit ‘n geseënde jaar wees waarin jy opnuut God se genade beleef en Sy wonderwerke in jou lewe kan raak sien.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply