20 June, 2015 17:13

Voel die hitte van son deur die blaredak skyn. Voel My liefde wat deur jou are vloei. Laat My toe om jou aan te raak. Laat My wonderwerke jou daaglikse lewe beïnvloed. Maak jou gemoed gereed om My seëninge te ontvang. Besin oor dit waarmee jy besig is. Vandag, nou op hierdie oomblik nooi Ek jou om My weer in jou lewe toe te laat. Ek weet jy voel kwaad. Ek verstaan jy dink Ek bestaan nie. Ek verstaan jy sien nie nou die uitkoms nie. Moenie langer toe laat dat verbittering jou oorheers nie. Weet dat Ek jou sal deurhaal. Staan sterk My geliefde kind. Kom praat met My. Kom kniel hier by My voete. Kom rus jou kop hier op My skoot. Beter dae wag om die draai vir jou. Bring jou gemoed tot stilte en luister na My boodskap. Volg die pad wat Ek jou sal wys. Raak rustig My geliefde.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply