11 April, 2015 11:43

Vergete in die onderbos lê jou spore. Toe gegroei deur baie ure van verlange. Ure van wonder wat jy maak. Elke dennenaald ‘n herinnering. Die koel briessie dring tot diep in my siel. Nat traanspore loop teen die rotse af en vorm ‘n berg stroompie. Drade van ‘n vêr verlede kom pluk my weer om. Hier in die woud van ons saam wees. Jy en ek. Omvou deur ‘n digte blaredak. Beskud van die wat nie verstaan. Teen die stam is ons name ingegraveer. Die mos begin dit al toe groei. Vele miertjies het al om die letters gestap. Gewonder of ons nog by mekaar is. Gewonder waar ons kan wees. Ons liefdes woordjies het songs geword wat die jong voëltjies vir mekaar fluit. Jy en ek en ons memories in die onderbos. Amanda Boucher
0837928163
www.waterstrome.co.za

Posted in Gedigte.

Leave a Reply